Archive for Maart, 2023


Naand Pa,
‘n Interressante “download” in die tyd waarin ons is.
‘n Mens kry soms die gevoel dat die liggaam seggenskap het oor wie hom okkupeer(die SIEL).

Met so baie bekendes wat om ons sterf en die wete dat wanneer die siel “sy” opdrag vervul en dan die liggaam verlaat , ek tot die besef kom watter magtige energie nodig is om hierdie vleeslike “enjin” aan die gang te hou.


‘n Energie meer magtig as al die atoom krag wat menslik vervaardig kan word. Daar is wel moontlik ‘n som wat gemaak kan word oor watter en hoeveel energie nodig is. Selfs die som hou geen waarborg nie.


Dit is merkwaardig dat wanneer die liggaam stoei om afstand te doen van hierdie energie dit gepaard gaan met die groot worstel.

Dit laat my wonder….is dit die “SIEL” wat klou aan die bekende?


Die SIEL.
Atoomkrag drywer van die vlees.
Dit is moontlik dat die siel deur sy diens roeping  aan sy mede siele die liggaam instaat stel om aan te hou funksioneer.
‘n Paar onbekendes , soos die beperkte kennis oor slaap laat my wonder oor die kennis wat na ‘n nagrus geslote bly.

Ek het die kinders tot ouderdom 4 elke nag totsiens geroep voor elke nagrus. Met my sagte fluister  het ek hulle ‘n veilige reis toegewens. Ook gebid dat hulle uitgerus sal wees na die lang reis deur die menslike donker ure.
Hierdie innerlike gesprekke gee my vrede.
Soete drome.

Op die skouer van ‘n reus…

Posted: Maart 19, 2023 in Radio Blog

Met ons dag van dankbaarheid  in die sprokies wêreld van die “stomme wyse vrou” in die karroo lê die Matroosberge wit gedek met kapok in die agtergrond.

Haar teenwoordigheid is aangekondig  deur  die  trop Vaal Ribbokke, iemand noem hulle sommer  “Tossel bokkies” , want as hulle hardloop lyk hulle wit stertjies net soos tosseltjies”.

Die belese Grysaard het Sy teenwoordigheid reeds ‘n ent vooruitgestuur met die sigbaarheid van die seldsame bedreigde “riverine rabbit” in een van die klam rivierlopies.

Met die begroeting van die 2 Geeste by ons aankoms was die gesamentlike uitspraak van “Dankie” gevolg deur trane met dieseldde Krag.
Die verafgeleë rusplek netjies versorg op dieselfde seldsame wyse as met die beskerming van die bedreigde “riverine rabbit”.

Tydens ons bewondering van ‘n belewenis uit ‘n vergange  tyd maak die Vrugbare Vrou en Stil Sterk Gees hulle intensies bekend deur ‘n “swerm poue” .
Pronk , maar ongemerk.
Van die bekende boorde sal met die draai van die seisoen kleur vang.

Van die moerby bome het net goeie grootmaak herinneringe oorgebly.
Soos waarom trek moerby bome nuwe rokkies en “wit hempe” nader?
Simbiose tussen lewenslesse en lekker kind wees.

Met ons vertrek los elke plaashek steeds herinneringe en skilpaaie vertel winterson staaltjies.
Na die laaste sien van die “Tossel Bokkies” word 2 Wyse Klippe ingelaai.

Ons groet met ‘n “Dankie” en mooi herinneringe.

Heel gepas eindig die dag met ‘n opvoedkundige “spook toer” op ‘n fiets deur die strate van Montagu saam met belese deelnemers.
Hier het verwante Rooi Baard Geeste ook ewige onsigbare spore gelos.

Ons vriendelike “spook gids” neem ‘n maskadel draai met ‘n gemmer smaak, ietsie DF en eindig met die realiteit van ‘n pandemie wat wil voorkom of dit met opset die sinode een keer per eeu omkrap.

DANKIE – sê die Vrugbare Vrou.