Archive for Mei 1, 2018

Meng klassiek met modern

Posted: Mei 1, 2018 in Radio Blog

Die “Ceres Rail Company” bied verskeie toere met die klasieke stoom trein. Van die bestemmings is Elgin, Ceres, Klawer en die nuut oorgedoende trein en roete na Simonstad.

Wie sou kon raai dat die Lokomotiewe soveel aandag sal geniet op sy roete na Elgin. Dit het gevoel soos om te wees in die geselskap van ‘n “celebrity”. Almal langs die roete het gewaai na die trein met 200 gaste.

Die gaste was ‘n verpersoonliking van die lokomotief se gees en het terug gewaai. Dit wat was ‘n lieflike dag – die trein het stadig gewurm deur die vlaktes tot in Somerset-Wes en vandaar na ‘n 20 min stop weer spoed opgebou oor Sir Lowrys pas na die klein dorpie – Elgin.

Elgin met sy wynplase en appel boorde is naby die stasie en te oordeel na die hoeveelheid appels aan die bome

op die roete sonder mens gemaakte heinings word die spoor van die mens nie onnodig hier getrap nie.

Op die terug roete was die algemene “ontvangs” van die lokomotief tiperend en voorspelbaar met almal wat stop en waai. Die eetsaal kompartement was gebou in 1928. Haar hout afwerkings en ander fyn dekor was naas die geluid van die “chook chook” die hoogte punt.

Dit was ‘n belewenis.