HartKlop op die Oranje

Posted: April 9, 2018 in Radio Blog

Hierdie inskrywing kon sy begin op enige tydstip begin, maar hy begin vandag en werk sy pad terug. Boervrou het na ‘n lang reis van oor die water teruggekeer van Nederland. ‘n Plek waar sy haar aardse wortels gevoel het. Dit was op daardie Dinsdag aand toe sy hele wêreld tot stilstand kom. Die vooruitsig van die terugkeer na ‘n “normale” lewe van werk sonder die onderbreking van kinder taxi, chef speel en laat nag werk was net te groot.

“Dank God sy het die aanval oorleef.” Hy aan die ander kant was amper bokveld toe met ‘n skok reaksie. Boervrou oorleef die reis en ons het tyd om weer al die toue op te tel en te beplan om ‘n droom te bewaarheid. Dit is uiteraard waaroor lewe gaan.

Boervrou wou lank voor hierdie “off-beat” die denkbeeldige “blanja casvas” inkleur met ‘n roei vaart op die groot Oranje gekleurde rivier en die blou refleksie op die water. Dit is volbring.

Daar staan iewers in die bybel geskryf dat jy kan jou drome omskep in die waarheid. – “Becareful what you we wish for – you might just get it.”

So ‘n rit is nooit sonder opwinding nie. Roei stroom op en daar wag ‘n Paasmandjie vol fotografiese geskenke – van die “liewe Jesus voël” wat letterlik op die water loop. Ok, dis wel op waterlelie blare maar dit het gelyk hy loop op die water. Later kruis ‘n “African Rock Python” die rivier – amper ‘n soort waarskuwing om nie verder te roei nie. Ons draai om. Van die drama is wel ‘n video geneem die volgende dag. Hy moes natuurlik weer die water stroomop aandurf omrede die spiere nie noodwendig die terugrit na “basecamp” sou kon meemaak nie.

Hierdie keer is dit ‘n likkewaan wat teen dieselfde rivierbank jag vir – wat voorkom soos vinkies. Die water vloei het oënskynlik oornag toegeneem na donderstorms wat in die ooste van die land water laat stroom na die rivier.

Dit was ‘n totaal geestelike reis. Die energieke ritme van elke siel was in perfekte harmonie. Die verblyf was nie 5 ster nie, maar ons was daar vir die Oranje op die blanja met die blou.

Sit jou droom op die “blanja” doek of sommer net skoon bladsy.

Sien waar jy eindig.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s